VILIEN

Writing


PROOFREADING, EDITOR, TRANSCRIPTION, CREATIVE WRITING

  • proefleser
  • boekeredakteur
  • redigeerder
  • kreatiewe skryfwerk
  • manuskripontwikkeling
  • coaching
  • kritiese denke
  • organisasie
  • strukturele redigering
  • boekuitgewery
 
 

Afrikaans proefleser met 'n skerp oog vir daardie foutjies wat almal gewoontlik mis!

ABOUT VILIEN

Tot Mei laas jaar was ek aangestel as boekeredakteur by NB Uitgewers. NB is steeds, behalwe vir Jonathan Ball, die grootste uitgewery in die algemene boekmark in Suid-Afrika. Hier het ek intensiewe ervaring opgedoen en kan ek werklik sê ek weet wat dit beteken om 'n boek drukgereed te kry.

Vanaf Mei het ek egter besluit om my eie besigheid te begin en ook my dienste as proefleser en redigeerder op 'n vryskutbasis aan te bied. Tans werk ek steeds baie nou saam met die opdragewende redakteurs en uitgewers van drukname soos Tafelberg, Tafelberg/Human & Rousseau Kinder en Jeug sowel as Lux Verbi. Ek is in die proses om ook na ander uitgewerye uit te reik.

Ek het 'n uiterse skerp oog vir daardie klein foutjies wat almal gewoontlik mis. Ek is baie streng oor konsekwentheid en stel gewoontlik vir elke projek wat ek aanpak 'n styllys op. Ek kan werklik sê dat die redakteurs en uitgewers saam met wie ek gewoontlik werk weet ek bied werk van die hoogste gehalte. En dat ek daardie bietjie ekstra sal doen om werklik 'n afgeronde produk te lewer.

Ek is 'n baie sterk Afrikaanse proefleser, hoewel ek ook baie goed vaar met strukturele redigering en manuskripontwikkeling. Engels is my tweede taal, maar ek doen per geleentheid Engelse proefleeswerk.

Tipe boeke waarin ek ervaring het: inspirasie, selfhelp, kinder- en jeug, sielkunde, filosofie, religieus, spiritueel.

Boeke wat ek onlangs geproeflees/redigeer het:
Emma en die Creepy Komplot - Marianna Brandt
Hearing Helen - Carolyn Morton
Hoopvol - Derick van der Walt
Lien se Langstaanskoene - Derick van der Walt
Vuvuzela - Engela van Rooyen
Bambaduze - Derick van der Walt
Liewe Heksie Leesboek 1 & 2 - Verna Vels
Speurder Kwaaikofski - Jurgen Bascherus
Lotta se Lewe - Alice Pantermuller
Saartjie Omnibus - Bettie Naudé
Trompie Omnibus - Topsy Smith
Jou Geldsake - Hein Kruger
Vir ewig en altyd saam - Danny Fourie

Twee van my gunsteling boeke waarvan ek die boekeredakteur was:
Ctrl Z my lewe deur Cheréne Pienaar
Surprised by the man on the borrowed donkey deur prof Denise Ackermann

Kontak my gerus indien jy:
- 'n uitgewer is opsoek na betroubare medewerkers,
- 'n student is wat sy/haar tesis graag professioneel wil laat lyk,
- 'n skrywer is wat sy/haar werk selfpubliseer en graag wil seker maak hul teks se kwaliteit is van so 'n aard dat dit met enige boek op die mark kan meeding,
- 'n tydskrifredakteur wat opsoek is na medewerkers om 'n tydskrif drukgereed te kry, of
- enigiemand opsoek na iemand wat daardie finale afronding aan 'n Afrikaanse teks kan gee sodat dit gemaklik en skoon sal lees.

Ek besit ook my eie besigheid genaamd Living Connections waar ek aspirantskrywers coach om hul boeke suksesvol gepubliseer te kry. Die uitgewerkontrak is gewoontlik die begin van die uitgee-proses. Maar hoe kom 'n mens op hierdie punt? Saam kyk ons na die motivering agter die skryf van 'n boek, hoe om met 'n topverkoper-idee vorendag te kom, hoe om die struktuur van jou boek te beplan, hoe om 'n voorlegging vir uitgewers op te stel en vele meer. Terwyl ek die uiterlike proses van die skryf en uitgee van 'n boek ondersteun, ondersteun ek ook die innerlike proses van die skrywer: Sukkel jy met skrywersblok? Ek kan help. Het jou inspirasie opgedroog? Kom ons kry jou kreatiewe vloei terug!

Vind my op Facebook deur Living Connections in jou soektog te plaas.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Since May last year, I left my job as full time book editor for NB Publishers to start my own business and do freelancing on the side. Today I work closely along with the publishers and commissioning editors of imprints like Tafelberg, Tafelberg's Children and Young Adult division and Lux Verbi to get manuscripts print ready.

I am specifically skilled in proofreading with a good eye for small mistakes and very strict about consistency. I also offer services in copy and structural editing. Proofreading in Afrikaans and English. Copy-editing in Afrikaans. Structural editing in Afrikaans and English.

Books I have recently proofread/edited:
Emma en die Creepy Komplot - Marianna Brandt
Hearing Helen - Carolyn Morton
Hoopvol - Derick van der Walt
Lien se Langstaanskoene - Derick van der Walt
Vuvuzela - Engela van Rooyen
Bambaduze - Derick van der Walt
Tikkun Ha'Olam - Marzanne Leroux-Van der Boon
Speurder Kwaaikofski-reeks - Jurgen Banscherus
Lotta se lewe-reeks - Alice Pantermuller

In my business I aim to inform and empower aspiring authors to get published successfully. Whether it is getting clear on your bestselling idea, or drawing up an outline or working on your proposal - we can do it together. I also aim to support your inner process. Struggling with writer's block? Did your inspiration dry up? Let's get you back into your creative flow!

Visit me on Facebook by searching for Living Connections.
 
 

SHOWCASE IMAGES

 
 

CONTACT

M: 076 xxx xxxx
T: 021 xxx xxxx
facebook.com/xxxx
twitter.com/xxxx
 
login or register to view the above details
 

Please login or register to connect with this user and view their contact details.

SKILLS

  • proefleser
  • boekeredakteur
  • redigeerder
  • kreatiewe skryfwerk
  • manuskripontwikkeling
  • coaching
  • kritiese denke
  • organisasie
  • strukturele redigering
  • boekuitgewery